Scams En Sulke Dinge

Scams En Sulke Dinge

Scams En Sulke Dinge

Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.

Ek sal wel na die inligting van ‘n program kan kyk en besluit of dit ‘n scam is of nie ja, maar uit my perspektief is daar eintlik baie minder scams en baie meer egte geleenthede as wat die algemene perspektief is. Dinge wat my egter dadelik afsit is as die besigheid blykbaar nie eens 'n eie domain en website kan bekostig nie, op geld en rykdom gefokus word om op jou gevoel te speel en daar bitter min inligting is oor die hoe, wat en produkte.

Die rede is soos ek in hierdie inligtingstuk verduidelik, dat bemarking die werklike fokus moet wees en daarsonder, dit baie moeilik en amper onmoontlik is om geld uit enige program te verdien, eg of nie, scam of nie, en dit dus as sodanige deur meeste mense as ‘n scam afgeskryf word.

Die algemene beskouing is dat die eerste gevaarteken van ‘n scam, is as ‘n mens moet betaal vir iets of om aan te sluit en so aan maar tog geld presies dieselfde eintlik nog MEER vir wettige en goeie programme want ‘n waardevolle en wettige produk of diens kos geld.

So byvoorbeeld kan ‘n mens gratis aansluit by Offerforge of enige ander affiliate program maar om dit te bemark, moet ‘n mens betaal vir ‘n website, web hosting, bandwidth om op internet te gaan of petrol of partytjies ens ens ens.

Niks in die wereld wat waardevol is, is verniet nie, behalwe liefde, ervaring , kennis en inligting, en daarvoor betaal ‘n mens direk of indirek ook ‘n prys.

Die geheim is om bloot oopkop en logies na dinge te kyk en ‘n vergelyking te maak tussen wat jy gee en wat jy kry en dit uit ‘n groter prentjie, breer perspektief te beoordeel.