Bemark en maak Geld

Bemark en maak Geld

Bemark en maak Geld

Dit is nogal ironies dat amper almal teen die tyd weet dat 'n mens nie geld kan maak uit enige produk of diens of watookal sonder bemarking nie en die twee hand aanhand gaan maar dat feitlik meeste mense dit terselfdertyd "haat" om bemarking te doen.

Feit is dat jy iets kan maak tot jy blou in die gesig is en die beste produk in die wereld het maar as dit nie bemark en reg bemark word nie dan help dit niks. Jy het die produk of diens, die potensiele kliente het die geld en doeltreffende bemarking is om die twee bymekaar uit te bring.

Ek is 100% doof en werk al 14 jaar vir myself en vind dit so vrek ironies dat so baie HORENDE mense, vir wie kommunikasie so alledaags is soos asemhaal, sukkel om hulle behoorlik te bemark want in wese is bemarking presies dit, kommunikasie, die oordra van inligting of meer spesifiek, om inligting sodanig oor te dra dat dit potensiele kliente nie net bewus maak van jou produk of diens nie, maar ook voldoende oorreed om sodanige produk te koop.

Advertensies is eintlik bitter baie swak "bemarking" en koerante gebruik byvoorbeeld "content" (ek verkies die meer beskrywende engelse woord content bo artikels of inligting) om lesers te lok en besighede dan ten duurste te laat betaal vir advertensies wat meestal soos 'n stopstraat in Soweto ignoreer word.

Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil he so dink bietjie, wat soek JY in koerante, tydskrifte, faceboek of die internet?

Advertensies? of soek jy artikels, nuus, interestante, leersame of waardevolle leestof?

Dit is presies hoekom mense bemarking haat want advertensies word onder hulle neus gedruk, en jy doen dan aan ander wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie en "haat" dit. Maak nie sin nie of hoe?

Daarteen as jy egter aan ander doen wat jy aan jouself gedoen wil he en artikels, nuus, interesante, leersame of waardevolle inligting verskaf dan bemark jy jouself, jou produkte of dienste soveel meer doeltreffend as wat jy besef want dit strek veel weier selfs al is dit maar doodgewone "kommunikasie of gesels" soos om die leser te laat besef JY weet waarvan jy praat en KEN jou produk, jy is geloofwaardig en betroubaar (teenoor naam- en gesigslose advertensie) en sulke blote kommunikasie bou vertroue, verhoudings, respek en veel meer as enigiets anders.

Dieselfde geld ook maar blote fb pages en gemail want dit kommunikeer wantroue en fly by nights want hoe op aarde kan enigiemand enige besigheid vertrou wat SELF nie eens genoeg geloof, respek en vertroue in sy/haar eie "besigheid, produkte of dienste" het om 'n paar rand te betaal vir sy/haar EIE domain naam, email en besigheidswebsite nie?

Die ideale bemarking is waar jou produkte, email, website en alles saamwerk om 'n effektiewe bemarking eenheid te vorm deur nog en nog en nog meer content te verskaf, interesante, leersame en waardevolle artikels, prente en videos oor jou besigheid, produkte, dienste en enigiets verwant aan jou spesifieke industrie.

Weereens dan ook doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil he en net soos jy graag sal wil he dat mense JOU goeie produkte of dienste oorweeg en nie summier by alreeds skatryk "groooot name" 10x meer gaan betaal nie, net so kan jy en ons almal ook ons gesindheid verander en mekaar begin ondersteun en aanbeveel aan ieder en elk.

Bemarking is kommunikasie maar ons begin al hoe minder regtig met mekaar kommunikeer en alles gaan net stadig aan agteruit so dit is dalk tyd dat ons weer begin praat en saamstaan.