Cybersite Basiese Inligting
Ek het nogal baie werk in hierdie website gesit en sal vorentoe nog baie insit om JOU te help maar as jy nie eens die of ‘n klomp ander goed wil LEES nie dan kan nie ek of enigiemand jou help nie en trouens nie eens God nie want geloof sonder die daad is nutteloos.
Geld verdien versus Werk
Streng gesproke is vir ‘n baas werk bloot ‘n tweederangse geld verdien geleentheid want jy verdien meer geld vir jou baas as wat jyself daaruit kry want sekerlik betaal hy jou nie meer as wat hy uit jou kry nie.
As jy vir ‘n baas genoeg werd is om vir jou R7000 te betaal hoekom verdien jy op jou eie dan niks?
‘n Werk gee jou wel dadelik ‘n inkomste terwyl jou eie geld verdien soos ‘n tuintjie is wat eers na verloop van tyd eers kos op die tafel sit en inkomste verdien maar beslis baie beter as om maand in en jaar uit te sit en wag vir ‘n werkie erens.
Kennis is mag en lees is kennis
Ek praat nou nie van storieboeke lees nie maar wel oor inligting lees wat JOU baie kan help met jou worries, probleme en wat nog so sekerlik is minstens DIT belangrik genoeg om so bietjie moeite te doen of hoe?
Lees is ook ‘n daad, iets wat JOU kennis, lewe en toekoms kan verbreed en verbeter so kan jy regtig verwag jou lewe en dinge rondom jou moet verbeter of dat Harry Potter kitsoplossings werk as jy self nie eens tyd afstaan om jouself te help nie?
“I hear and I forget. I see and I remember. I do and I understand”
Hierdie is my gunsteling gesegde en doof, alleen en sonder hulp of te nie het ek al meer vermag as baie baie normale horende mense omdat ek bloot begin DOEN het al het ek nie eens foggiest clue gehad hoe of wat nie maar geweet en geglo het dat met elke tree die volgende een wel in plek sal val.
Negatiewiteit, veralgemenings en wanopvattings
Scam, scam, yes right en natuurlik is alle mans geweldenaars, vrouens slette, mense en besighede almal skurke en bestaan daar geen gesonde verstand om die kaf van die koring te skei nie.
Mense laat in SO ‘n mate toe dat negatiewe en slegte dinge hulle beinvloed en hulle oordeel OOK negatief maak dat ek nou aan daaraan gedink het dat die grootste stryd van ‘n entrepreneur eintlik daarom draai om DIT, die negatiewiteit, veralgemenings en wanopvattings hok te slaan en dit is eintlik presies wat ek nou doen of hoe?
Geleenthede en samewerking
Ek het letterlik jare lank meestal selfs dag en nag gewerk om ‘n bemarkingstelsel te toets, te verbeter, te toets en te herbou en bied dit op ‘n skinkbord aan om te gebruik soveel as wat jy wil om vir jouself geld te maak.
Daar is baie geleenthede soos byvoorbeeld vir mense wat goed is met skryf om artikels teen betaling te skryf, mense met grafiese aanleg om banner en ander advertensies te maak teen betaling en so aan maar raai wat, mense is te negatief, te agterdogtig en vol wanopvattings (soos dat goedkoop koop duurkoop is) dat na lang tyd nog nie EEN ENKELE persoon belang gestel het nie, die sogenaamde reuse werkloosheidsprobleem van selfs gegradueerdes ten spyt.
Dit was nie my bedoeling toe ek die begin skryf het nie (het net begin skryf) maar begin jy nou verstaan hoe baie mense dit onbedoeld vir hulself moeilik maak deur teveel op die negatiewe ipv positiewe te fokus?
Die harde waarheid
Die werklike harde waarheid is dat daar beslis goeie geleenthede is, ek, ander en selfs God baie kan en wil doen om te help, maar dat geloof en dus selfs God (wat in die mens is en deur die mens werk) magteloos is as jy nie SELF daardie omswaai maak van negatiewe na positiewe en dit in daad volvoer nie.
As jy selfs net vir een oomblik gedink het ek se bogemelde omdat ek “geld uit jou wil he” bewys dit presies wat ek hierbo gese het en nooi ek jou uit om Frank Coetzee te Google vir die nogal baie artikels wat ek al geskryf het oor jare in dieselfde trant sonder dat selfs ‘n sent of enige ander doel behalwe om te help betrokke was.
Geleenthede en om vir jouself inkomste te verdien is nie die probleem nie want die meeste mense is in der waarheid hulle eie grootste probleem, so dink mooi en deeglik daaroor en besluit dan wat is van toepassing, wat jy wil he en maak veranderings aan jou ingesteldheid en gesindheid waar nodig.