'n Geheim of Twee
Seker al gehoor van die buzz op sosiale media oor Virgin Money wat R30 betaal vir elke persoon wat iemand verwys om hulle app af te laai en te registreer, sowel as R30 vir daardie persoon self?
Mense verstaan dat 'n groot plek miljoene betaal om sport, musiek of so event te borg of miljoene spandeer aan advertensies, maar as presies DIESELFDE geld gebruik word vir nog BETER bemarking soos in bogemelde geval, dan dink hulle vinnig dit is 'n scam???
(Beter bemarking want met adverteer kan jy R100 000 betaal en nie EEN klient kry nie, maar jy kry gewaarborg 1 666 nuwe kliente as jy R100 000 aan mense betaal soos bo)
Geheim om sulke goed, Offerforge en amper enigiets DOELTREFFEND te bemark
Selfs as jy "advertensies" op 1000 FB groepe plaas (met 10 000 000 lede) en banner ads op die hele groep dan sal jy steeds nie veel reaksie kry nie want
Facebook se stelsel filter advertensies uit want dit kompeteer met hulle PAID ads.
Daar is letterlik derduisende posts, ads en wat nog elke dag en dit word gefilter volgens prioriteit en beskikbare spasie so jy sien EERS post en goed van JOU vriende en groepe waar jy gereeld aktief deelneem en dan is daar skaars nog plek vir iets anders in jou newsfeed, so vreemdelinge en selfs vriende sien bitter selde jou ads.
Mense verpes advertensies tensy dit regtig hulle belangstelling trek met SPESIALE AANBIEDINGS waarin hulle BELANGSTEL.
Daarteen, oorweeg bietjie die volgende
Voorbeeld 1
As ek bogemelde van Virgin Money wou bemark, sou ek 'n ARTIKEL skryf, die waarom en die hoe verduidelik sodat mense kan verstaan dit is nie 'n scam nie en bloot normale, eerlike en wettige bemarking waarmee hulle kan geld verdien.
As ek NOU so 'n artikel op groepe en die town portals pos, dink jy nie ook dat BAIE MEER mense sal belangstel nou dat hulle begryp wat is wat nie? En nog meer, dat hulle dalk die artikel OOK kan share met ander indien dit alles mooi en logies verduidelik?
Voorbeeld 2
Van Offerforge se adverteerders bied bv 7% kommissie van hotel bespreking en met daardie DUUR pryse en hotelle, kan net een bespreking jou honderde en selfs duisende verdien.
Nou dink bietjie, wat is die kans dat BESIGE EN RYK mense (die teikenmark) op een van die "gewone" FB groepe sal wees of selfs weet van die town portal groep? Bitter klein neh?
As jy nou egter nou inligting insamel oor die Michellango Hotel en 'n artikel skryf met interesante inligting wat die hotel voorgee as 'n "MUST EXPERIENCE" bestemming en jy pos die artikel op jou page, die groep en share dit dan van daar af OP TOEPASLIKE FB Groepe waar ryk mense is en orals op internet waar die topic travel of so iets is, DAN is die kans so baie beter dat die REGTE TEIKENMARK mense dit sal LEES (as dit nie blote advertensie is nie).
Voorbeeld 3
Inligting is GOUD WERD en sekerlik moet daar iets wees waarin jy belangstel, waarvan jy darem iets weet om oor te kan skryf so begin bloot skryf daaroor.
Gaandeweg sal jy self ook nog meer en meer daarvan leer en nog meer en meer artikels skryf en jy en jou website al hoe meer en meer bekendheid verwerf as iemand wat WEET waarvan hy/sy praat.
In plaas van te probeer geld verdien probeer eerder bekendheid verdien deur jou artikels en glo my die geld sal meestal outomaties begin inkom.
Daar is BAIE ander plekke behalwe Facebook waar jy OOK sulke interesante, leersame en waardevolle ARTIKELS (content) gratis kan pos.
Die internet is HONGER vir content en websites, nuus plekke en wat nog, soek altyd nog en nog CONTENT wat toepaslik is vir hulle website, nuustipe en so aan so gebruik dit tot jou eie voordeel.