Kan JY geld verdien uit die internet?

Kan JY geld verdien uit die internet?

Kan JY geld verdien uit die internet?

As jy weer lees sal jy sien die klem is op JOU en nie of 'n mens geld kan verdien uit die internet nie. EK is doof maar verdien al 14 jaar my inkomste 100% uit die internet en baie ander doen dit so mens kan ja, MAAR of JY kan sal van die volgende afhang.

Ek begin met die volgende storie waar 'n massiewe dieselengin van 'n skip nie werk nie en talle mense al probeer het sonder sukses tot 'n ou man ingeroep word wat hier en daar tap tap met 'n hammer en die engine werk weer. Hy stuur invoice vir $2000 en die eienaar wat heeltemal tevrede was en betaal vra uit nuuskierigheid 'n breakdown van die invoice want dit is nogal baie vir paar minute se werk en kry toe die volgende breakdown. "$10 for 10 minutes of work, $1990 for knowing what to do where".

Dit is daardie knowing what to do where wat ek so eerlik en reguit in hierdie artikel gaan verduidelik dat die blote guts om dit tot die end klaar te lees alreeds 'n aanduiding is of JY op die internet geld kan verdien of nie want op die minste is lees en dink die nommer een verreiste.

Die belangrikheid van lees

Miskien sal jy die belangrikheid van lees beter begryp uit die volgende perspektief.

Tyd is die waardevolste ding in die wereld en jy kan altyd nog geld kry maar nooit meer tyd kry nie en gebaseer op hoe baie tyd jy al gemors het en nog nerens gekom het nie, KAN JY DIT REGTIG BEKOSTIG om nog tyd te mors?

Ek is lief vir lees en LEES op as ek iets wil weet, en het al BAIE boeke en navorsing en wat nog gelees van mense en deskundiges wat op die beurt hel baie "leer en ondervinding tyd" agter hulle het, so sal jy verkies om ook nog jare te vermors deur self leer en doen op die harde manier met spyt wat altyd te laat kom, of klink so 'n dag of twee se LEES en LEER uit ander se ondervinding na 'n beter opsie?

Die belangrikheid van doen

Eintlik is my belangrikste leuse "I hear and I forget. I see and I remember. I do and I understand" want ondanks die onsaglike waarde van lees en die hele wereld se advies en inligting in artikels, boeke en wat nog, kan ek "I read and I know" insit voor I do and I understand en daar is 'n groot verskil tussen know en understand, waar WEET jou die agtergrond kennis gee en UNDERSTAND jou die begripsvermoe gee om te kan DOEN.

Se selfs die Bybel dan nie dat geloof sonder die DAAD nutteloos is nie?

Die belangrikheid van "content"

Ek het die Cybersite website begin om my kennis en al my knowing what to do where aan my dogter te verduidelik en om al my kennis, besigheid en alles daaragter te sit om haar en ander te help so daar is baie artikels oor heo belangrik content is maar tog word dit nog steeds nie ten volle begryp nie en daar op die verkeerde plekke getap tap.

Kortliks is "content marketing" artikels, inligting, nuus, enige geskrewe stuk wat interestant, leersaam en waardevol genoeg is sodat mense dit lees maar die bree begrip van content stryk wyer en dieper want dit is in wese DIE KOMMUNIKASIE tussen jou en ander om hulle sover te kry om iets te doen wat vir jou geld inbring", soos om 'n produk by jou of besigheid wat jy verwys te koop of van jou of 'n ander besigheid se diens gebruik te maak waaruit jy 'n inkomste gaan verdien. (Dit verteenwoordig seker 95% van werk tuis of geld verdien geleenthede)

Sekerlik weet jy hoe belangrik kommunikasie in verhoudings is en die movies is propvol twak en gemors veroorsaak deur geen of gebrekkige kommunikasie en gepaardgaande misverstande en net soos beter en dieper kommunikasie verhoudings en onderlinge begrip versterk, net so versterk beter en dieper content, die kommunikasie met ander, die reaksie en jou inkomste daaruit.

Die belangrikheid van "conversion"

Om eerlik te wees is hierdie MY swak punt want onthou ek is doof en kommunikasie met ander nie juis vir my so alledaags soos vir horende mense nie.

Conversion is die omskakeling van 'n moontlike klant in 'n betalende klient en dus nog belangriker maar in wese is dit eintlik OOK "content" met die verskil dat dit op die HELE KRINGLOOP OF PROSES van aandag trek tot betaalde klient strek.

Ek het 'n groot bemarkingsgroep maar my conversion ratio is seker die wereld se swakste teen 0.02% uit 7000 "prospects" en in syfers beteken dit as bv R100 uit elke prospect kon kry, ek R140 gekry het, teen 1% dit R7 000 sal wees, teen 10% R70 000 en teen 20% R140 000.

Daar is miljoene mense so jou vermoe om geld te verdien hang af van 1) hoeveel mense jy bereik 2) hoeveel belangstelling jy wek en 3) hoeveel jy kan convert in daardie volgorde en dit alles word met net een ding gedoen, content en die hoeveel mense jy bereik is eintlik die minste belangrik al dink meeste mense nie so nie.

So al spandeer jy dae, maande en jare om te adverteer tot jy blou in die gesig is, kry jy wel iets, maar is dit die conversion ratio wat bepaal HOEVEEL jy kry en sekerlik is dit dus uiters baie belangrik en trouens die hele doel van wat jy doen, om jou conversion ratio persentasie so hoog as moontlik op te stoot.

Die belangrikheid van op jou gat sit en dink

Hehe yip en nog iets wat by my kan leer want ek is 'n doener wat dadelik begin doen en niks verkeerd daarmee nie maar soms moet mens op jou gat gaan sit en dink WAT die DOEL is van wat jy doen want sonder die stuurman van sit en dink, vaar die skip maklik in die verkeerde rigting al werk jy ook jou gat af en doen alles wat jy doen reg.

So as jy tot nou gesukkel het om geld te verdien, gaan sit en dink oor waarheen jy op pad is, wat jy al geleer of gedoen het, nog moet leer en doen en begin stelselmatig deur dit werk deur te lees, dink en doen. Soos gese is my conversion swak so ek gaan sommer nou (2am) 'n artikel daaroor skryf want ek help en doen meer vir ander mense as myself en deur my kennis neer te skryf skop ek indirek sommer my eie gat ook weer op koers in die regte rigting.

Opsomming

Dit het my langer gevat om die prent hierbo, wat ook as "page image" en "advertensie" dien, te maak as wat dit my gevat het om die hele artikel hierbo te skryf want die eerste en belangrikste stap is om belangstelling te wek en 'n indruk van kwaliteit en "wilmeer weet" te skep en meeste "ads" val ver te kort in hierdie opsig. (Trouens my eie vir jare ook tot ek die website hieronder ontdek het)

Die "kwaliteit" van jou inkomste word bepaal deur die kwaliteit van jou bemarking en content so as jy nie tevrede is met 'n derderangse inkomste nie, skenk aandag aan die kwaliteit van jou bemarking en content.

Ek het niks met hierdie website te doen nie en kry nie sent daaruit nie en verskaf die link bloot omdat ek wil help.

https://spark.adobe.com/sp/

Die tweede ding is die taal (my Engels is ongelukkig nie so goed soos Afrikaans nie so my engelse bemarking is in die opsig nogal problematies) en kan nogal baie se van 'n mens se persoonlikheid ook want trots in jou taal of nie weerspieel ook op ander gebiede soos trots in jou werk of nie.

Daar is mense wat uitstekend kan wees met ander goed maar nie taal nie ja maar sekerlik is daar iemand wat gevra kan word om te help terwyl ek nou al hoe lank soek na iemand met goeie taal vermoe wat "skryf verwante" dienste teen redelike pryse kan aanbied met my volle hulp en samewerking.

Derdens dink ek darem dat die interesantheid, leersaamheid en waarde van die content (artikel) darem iets is en probeer ek nie iets aan iemand afsmeer nie in ooreenstemming met die doel, prent en inhoud hiervan wat daarop gerig is om te HELP.

Indirek kan ek miskien hierby baat as aangesluit word by Cybersite ja, maar hierdie is in die eerste plek om vertroue te bou en soos 'n GOEIE reputasie is dit iets wat oor 'n tydperk geskied terwyl 'n hele leeftyd se reputasie in 'n oogwenk afgebreek kan word.

Laastens maak dit nie saak waaroor JOU content gaan nie en net soos ek darem iets weet van internet werk, net so moes jy darem teen die tyd ook iets geleer het van iets waarvan jy hou soos 'n stokperdjie, tydverdryf of iets wat jou na aan die hart le en kan JY daaroor begin skryf en hoe meer jy skryf, hoe meer leer jyself, en hoe meer begin jy jou eie reputasie opbou. 

Lus vir 'n uitdaging en toetsie?

Verbeel jou jy verkoop iets, lewer 'n diens of bemark iets vir inkomste. Gaan dan na die link hierbo en speel bietjie om 'n "perfekte" advertensie (Kies faceboek post) te skep om die voordele die beste uit te druk. Hoe meer jy dink en daarmee vorder hoe meer georden gaan jou gedagtes word so as klaar is, gaan sit nou en begin bloot skryf om daarop uit te brei.

As jy klaar is, kyk weer na die prent en lees die artikel weer en dink of dit goed genoeg is om ander mense te oortuig en jy sal begin insien en verstaan wat hierdie hele artikel probeer verduidelik want onthou

"I hear and I forget. I see and I remember. I read and I know. I do and I understand"