Verskil Tussen Wen Of Verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk het sonder enige sosiale lewe om van te praat. Dat hulle werk, geld maak, ryk word, eerste gestel het bo pret en plesier.
Mark Shuttleworth het in 'n garage gewerk saam met mense wat vir hom werk, hy en hulle het nie hulle neus daarvoor opgetrek nie en gewerk en gebou aan iets waarin hulle geglo het. (Toe hy biljoene kry vir sy besigheid het hy elkeen wat saam met hom gewerk het R1m elk gegee)
Dieselfde geld vir Mark Zuckerberg, wat in 'n "dorm" met Facebook begin het in plaas van die universiteitslewe geniet soos die ander studente rondom hom en waar is hy nou, en waar is hulle?
En ekself? Op hierdie presiese oomblik sit ek in 'n kamertjie, op 'n Saterdag, en werk.
Toegegee, ek het nie die afgelope 14+ jaar gewerk soos nou nie, wel harder, 18 ure per dag vir baie lang tyd ja, maar daar was ook tye waar ek laat slap le het, tevrede was met die inkomste wat ek gekry het en dit opgemors het op ander mense help.
Op die oomblik, al het ek 14 jaar aan die stelsel gebou, is ek nog 'n niks, niemand, maar ek het nie verniet 14 jaar se werk in die stelsel gesit, daarin geglo en bly glo nie en weet die potensiaal daarvan, kan met die twee Mark's hierbo vergelyk word.
Ek is nie 'n idioot nie en weet miskien bereik ek nie eens groot hoogtes nie, is my tyd te kort daarvoor, maar dit maak nie saak nie want ek bou waarin ek glo, vir die dag van more, en as more nie kom nie, dan het ek die sielsbevrediging om te weet ek het gedoen wat ek kon, probeer vir al wat ek kon, want 'n wenner is nie altyd iemand wat wen nie, maar die een wat nooit ophou probeer nie.
As ek wel daar kom, sal ook ek en my huidige omstandighede ten minste as voorbeeld kan dien vir ander om hulle te help om dieselfde te doen en te bereik.
Die prent hierbo se dit alles, die verskil tussen ryk en arm, tussen sukses en mislukking, tussen 'n wenner en verloorder.
So vra jou jouself die volgende vrae en dink eers mooi oor elkeen voor jy na volgende vraag kyk.
Hoeveel tyd en moeite het JY die afgelope dae, weke of jare ingesit om geld te verdien en iets van waarde op te bou?
Hoeveel moontlik geleenthede het jy al deur jou vingers laat glip deur dit nie eers behoorlik te ontleed nie?
Oor 'n paar maande of jare, gaan jy al jou wereld verander het of gaan jy bogemelde vrae presies soos nou beantwoord?