Doeltreffende Faceboek Bemarking

Doeltreffende Faceboek Bemarking

Doeltreffende Faceboek Bemarking

Die persepsie wat die meeste mense en besighede het van bemarking is dat die advertensies is maar dit is nie korrek nie en bemarking kan baie vorme aanneem met “advertensies” maar net een daarvan.

Facebook kry hulle geld uit advertensies, maar hulle verdien hulle geld deur die inhoud op Faceboek. (interesante, leersame, waardevolle artikels of sommer net iets pos en dinge oor enigiets)

Sonder daardie inhoud sal daar niks wees om mense te trek nie en daarsonder kan nie inkomste verdien word uit adverteerders nie, so Faceboek verdien dus hulle biljoene indirek deur die content wat lede verskaf.

Doeltreffende bemarking, in wese, is om voldoende inligting onder soveel mense as moontlik se aandag te bring op so ‘n manier dat dit hulle “verlei” om iets te doen tot jou voordeel.

Die kern woord hier is VOLDOENDE INLIGTING maar op die internet strek dit wyer want 'n mens kan baie dinge waarneem in die werklike lewe deur buite faktore soos klere, houding, manier van praat en optree en so aan, maar op die internet is dit amper NET wat mens lees, waarop 'n mens jou waarneming op kan baseer.

Die probleem met gewone advertensies

Advertensies ding mee met Faceboek self so hulle stelsel onderdruk dit terwyl daar ook teveel pos is en te min plek op mense se muur so hulle wys eers pos van vriende, dan pos van mense en groepe waarmee die persoon dikwels te doen kry en as daar dan nog plek is dan ander goed met heel laaste enigiets van vreemdelinge of iets wat soos advertensies lyk.

Meeste dienste en produkte is eenmalig so al adverteer jy tot jy blou in die gesig is, mense wat NIE nou loodgieter benodig nie, NIE nou geskenk nodig het vir iemand nie of NIE nou in iets belangstel nie, sal nie eens sulke advertensies opmerk nie terwyl 'n groep dalk 40 000 lede kan he, maar 'n paar dosyn tot so honderd die advertensie "sien". Met sien word bedoel as iemand af scroll sal die advertensie miskien wys, maar dit beteken nie dat so iemand die advertensie gelees het nie.

Die voordele van inhoudsbemarking (content marketing)

Inhoudsbemarking is om op gereelde basis CONTENT, inligting, interesants of waardevol te pos soos 'n handyman wat gereelde advies en raad verskaf, 'n houtwerker wat die verskillende hout of voordele van hout bespreek.

- Dit is iets wat mense se aandag kan trek en laat lees.

- As dit goed geskryf is lewer mense kommentaar en share dit.

- Dit veroorsaak 'n interne "verband" en sulke mense begin nou OOK makliker ander pos van so iemand kry. (Dit wys FB die persoon stel belang in bv houtwerk, en fb wys dus meer pos oor houtwerk, en meer pos van daardie persoon wat dit gekryf het)

- Mense wat dit lees begin so iemand "ken" en vertrou so as die persoon 'n loodgieter nodig het sal hy/sy eerder van so iemand se dienste gebruik maak as die honderde ander vreemdelinge (wat net advertensies onder sy/haar neus probeer druk).

JY pos miskien advertensie op advertensie op dosyne groepe en dink of verwag dit help ja, maar vra jouself die volgende vraag af.

Gaan JY op Faceboek en na groepe om na advertensies te kyk en dit te lees?

Nee beslis nie so hoe kan jy dink of verwag ander mense doen dit so kyk en dink wat JYSELF soek en wat jou belangstelling trek, en jy sal agterkom dit is geskrewe dinge, inhoud. So gee vir mense wat HULLE (net soos jy) soek, inligting oor jou besigheid, produkte, industrie, sommer alles waarvan jy baie weet en mense in belang sal stel.

En laastens,

Bogemelde maak sin, reg? Wel, dit maak nog meer sin om 'n WEBSITE te kry waar jy sulke goed kan pos en van daar op Faceboek share want dan bou jy aan jou EIE website waar al daardie cool artikels maklik bymekaar gesien kan word en rank so 'n website ook al hoe beter op Google en sal jy dus baie meer kliente uit search engines begin kry as uit Facebook.